Moedertaalonderrig in skole móét aangemoedig word, aldus Angie Motshekga, minister van basiese onderwys.

Ander skole moet ‘n blaai uit Afrikaanse skole se boek neem – want sê sy – “dit werk vir hulle”.

Benewens die belangrikheid van moedertaalonderrig, het Motshekga gister ook die powere stand van leesgeletterdheid in die land aangeroer.

Die jongste navorsing toon 81% van graad 4’s in Suid-Afrika kan nie met begrip lees nie.

Die belangrike rol wat haar departement in leesontwikkeling speel, moet deur álle Suid-Afrikaners, ondersteun word.

Sy het veral jong ouers aangemoedig om boeke as verjaarsdaggeskenk vir die kleinspan te gee.

Werksessies oor leesvaardigheid word nou vir al nege provinsies beplan.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×