Die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum, of SOS, het pas hul Matriekverslag vir 2023 bekendgestel. Uit die verslag is dit duidelik dat Afrikaanse skole steeds baie goed presteer. Luidens ‘n verklaring toon dié verslag dat Afrikaanse skole se matriekslaagsyfer 85-komma-een present is, terwyl die nasionale slaagsyfer 82-komma-nege present is. Die vakbond sê die verslag beklemtoon hoe belangrik moedertaalonderrig is.