Een van dr. Kgosientsho Ramokgopa, minister van elektrisiteit, se adviseurs reken Afrikaners se kragstasies is van ‘n hoër gehalte as die wat na 1990 gebou is. Netwerk 24 berig dit is tydens ‘n aanlyn gesprek gesê oor die nut van instandhouding deur die oorspronklike ontwerpers en vervaardiging van kragtoerusting. Silas Zimu, spesiale adviseur van Ramokgopa en ‘n voormalige Eskom ingenieur, het in sy slot rede gesê daar is groot fout met hoe kragstasies gebou en instand gehou is nadat die Afrikaners in die 1990’s die leisels oorhandig het. Zimu het gesê die Afrikaners het ‘n leeueaandeel van die land se kragstasies gebou, dit is goed gebou en in stand gehou. Hy kan nie sê wie die skuld moet dra vir wat daarna gebeur het nie, maar dit sedertdien bitter sleg. Zimu het tydens die gesprek uitgevaar teen die haglike toestand van baie van Eskom se steenkoolkragstasies. Hy glo vas die kundiges wat nog binne Eskom is en voorheen by Eskom was, die enigstes is wat die nutsmaatskappy kan regruk. Zimu het gesê hy het een voorwaarde gehad voordat hy vir Ramokgopa sou werk en dit was dat slegs gesoute Eskom-mense die krisis kan takel, nie buitestaanders nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×