Agri S.A verwelkom die begrotingstoewysings wat daarop gemik is om die landbousektor te versterk, maar sê daar is verskeie sleutelareas waar verbetering nodig is.

Die bestuurshoof van Agri S.A, Johann Kotzé, sê in ‘n verklaring dit sluit interdepartementele samewerking, strenger toesig oor die toekenning van toelaes en die modernisering van wetgewing in.

SABC-nuus berig Kotzé sê die minister, John Steenhuisen, se toewysing van 10 miljoen rand vir die biosekerheidsentrum se naspeuringstelsel is ‘n belangrike stap om biosekerheidsmaatreëls te versterk en veediefstal te beperk.

Hy sê die meer as een komma sewe vier miljard rand wat daarop gemik is om kleinboere in al die provinsies te steun word verwelkom. Hy sê dit sal sowat drie duisend werksgeleenthede skep en ontwikkeling in die platteland bevorder.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×