Met meer as 400 000 hektaar wat reeds in vanjaar se brandseisoen in die Vrystaat deur wegholveldbrande verteer is, is dit egter nie alleen boere se lewensbestaan wat in die weegskaal hang nie.
Die astronomiese omvang van die brandskade, hou saam met ander faktore, ook kommer oor voedselsekerheid in.
Volksblad berig Agri SA vra nou Suid-Afrikaners om tot sy hulpfonds by te dra.
Agri-SA-hoof, Christo van der Rheede, sê die organisasie is uiters bekommerd oor die reuse skade, wat nie net in die Vrystaat nie, maar ook in Noordwes en in die Noord-Kaap, weens die brande gely word.
Spoedeisende aksie moet nou geneem word om boere met veevoer-skenkings by te staan.
Agri SA se Ramphulp-stigting verleen geldsteun aan Vrystaat Landbou en Agri Noordwes.
Die stigting benodig nou die hele land se ondersteuning met skenkings om boere te kan help.