Die wrywing tussen AgriSA en Vrystaat Landbou blyk opgelos te wees weens gesamentlike doelwitte.
Die president van Vrystaat Landbou, Francois Wilken het na hul vergadering aan Netwerk24 verduidelik dat beide, AgriSA en Vrystaat Landbou op ’n pad van groei is om in die belang van boere en landbou in die land te werk.
Rosestad-nuus het vroeër berig dat sommige Vrystaat Landbou-lede voel AgriSA verteenwoordig nie hul belange sterk genoeg nie, veral oor wette wat die landbousektor en voedselsekerheid bedreig, insluitend die Onteieningswet.
Die president van AgriSA, Jaco Minnaar, en die president van Vrystaat Landbou, Francois Wilken, het Dinsdag in Bloemfontein vergader om ’n pad vorentoe te bepaal.
AgriSA is teen die Onteieningswet in sy huidige vorm, wat toon dat beide organisasies dieselfde doel en standpunte het, maar verskillende rolle vervul.
Netwerk24 voeg by dat die twee leiers nie drastiese stappe gaan neem, soos om paaie te skei teen die einde van hul termyn nie.
Hulle sal daardie besluite aan die nuutverkose leiers in Augustus oorlaat.