Leiers van AgriSA en Vrystaat Landbou (VL) vergader in Bloemfontein om geskille wat wrywing tussen hulle veroorsaak, te bespreek.
Netwerk24 berig AgriSA se uitvoerende hoof, Johann Kotzé, en president, Jaco Minnaar, ontmoet Dinsdag VL se dagbestuur by die organisasie se kantore.
Die twee organisasies wil hul gesamentlike pad vorentoe bespreek te midde van onsekerheid.
Sommige VL-lede voel dat AgriSA nie hul belange sterk genoeg verteenwoordig nie, veral oor kwessies soos wette wat die landbousektor en voedselsekerheid bedreig, insluitend die Onteieningswet.
Oorspronklik sou VL Dinsdag in ’n spesiale vergadering besluit of hulle bande met AgriSA gaan verbreek, maar volgens VL-president, Francois Wilken, sal daardie besluit waarskynlik eers in Augustus tydens hul jaarlikse kongres geneem word.