AgriSA sê die vlaag plaasmoorde in die land het die spanning in die boeregemeenskap verhoog

Die vlaag plaasmoorde in die land het spanning in die boeregemeenskap verhoog. Dit is volgens AgriSA se voorsitter van landelike veiligheid, Tommie Esterhuyse. Hy het met eNCA oor die onlangse geweld in Senekal in die Vrystaat gepraat. Esterhuyse sê die organisasie keur hoegenaamd nie die geweld goed nie. Hy sê die regering doen egter nie genoeg om die toename in aanvalle in landelike gebiede en op plase hok te slaan nie.

Luister na potgooie hieronder