AgriSA se hulle verwelkom die regering se aankondiging om ‘n nasionale ramptoestand af te kondig rakende die vloede in groot dele van die land.  Die Oos-Kaap, KwaZulu-Natal, Limpopo, Mpumalanga, Gauteng, die Vrystaat en Noordwes het die afgelope paar weke bo-normale reënval ervaar, wat gelei het tot die oorstromings van formele en informele nedersettings. AgriSA sê boere is ook geraak omdat hul oeste en huise beskadig is.  AgriSA se woordvoerder, Andrea Campher, sê hulle wil hê die regering moet hulpbronne ontplooi om verligting aan boere te bied en om kritieke infrastruktuur te help herbou.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×