Agt buitelandse burgers is in Welkom in die Vrystaat in hegtenis geneem vir die beweerde vervoer en verkoop van alkohol

Agt buitelandse burgers is in Welkom in die Vrystaat in hegtenis geneem vir die beweerde vervoer en verkoop van alkohol.

Hulle is in hegtenis geneem nadat beamptes ‘n verdagte wit bakkie tot by ‘n huis in die Riebeeckstad-gebied agtervolg het.

‘n Polisiewoordvoerder, Thandi Mbambo sê hulle het die agt verdagtes betrap terwyl hulle alkohol van die bakkie afgelaai het.

Nog onwettige alkohol en sigarette ter waarde van sowat R2 miljoen is op die perseel gevind.

Die verdagtes sal binnekort in die Welkom Landdroshof verskyn op aanklagte van die oortreding van
die wet op Rampbestuur.

Luister na potgooie hieronder