Agt in boeie na openbare geweld by Kaapstad skool

 Agt in boeie na openbare geweld by Kaapstad skool

Foto: Daily Maverick

Agt mense is in hegtenis geneem in verband met openbare geweld tydens Vrydag se protesoptrede by die Hoërskool Brackenfell in Kaapstad.

Die EFF het ‘n permit bekom vir die protesoptrede. Die permit wat stipuleer dat slegs 100 mense aan die protesoptrede mag deelneem, is egter nie gehoorsaam nie en ondersteuners het in groot getalle opgedaag en chaos het uitgebreek.

Die polisie het die skare met traanrook, skokgranate en waterkanonne uiteengejaag nadat hulle die polisie en sakepersele met klippe bestook het. F C van Wyk, ‘n polisiewoordvoerder,  sê ‘n lid van die publiek is beseer nadat hy die protesoptrede probeer ontwrig het. Die man sal van aanhitsing tot geweld aangekla word.

Gerdie Karstens