’n Voormalige direkteur van Hill, McHardy en Herbst-prokureurs in Bloemfontein, is gister tot agt jaar tronkstraf gevonnis.

Die 31-jarige Ashlin Saunderson se aanlyn-dobbelverslawing is glo die rede waarom hy na bewering meer as ‘n miljoen rand van die firma gesteel het.

Volksblad berig hy is op 194 aanklagte van diefstal en geldwassery skuldig bevind.

Pieter Schuurman, ’n senior direkteur van Hill, McHardy en Herbst, het gister in die Bloemfonteinse streekhof getuig die skade wat die firma gely het, kan tot soveel as R2-miljoen beloop.

Saunderson se naam is intussen van die rol van prokureurs geskrap.

Hy het in 2013 as kandidaatprokureur by die firma begin werk, en is op die ouderdom van 27 as direkteur aangestel.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×