Senior tradisionele leiers en koninklikes se salarisrekening  beloop nou al nagenoeg R255 miljoen per jaar. Die land het altesame 8 465 tradisionele leiers wat salarisse van die staat ontvang, oor alle posvlakke heen. Die tradisionele leiers het pas hul verhoging van 3,8% gekry, terugwerkend van 2022. Die verhoging geld ook vir die vergoeding van openbare ampsdraers. Dit sluit regters, landdroste, die president en ministers, parlementslede, burgemeesters en munisipale raadslede in. Die agt konings en koninginne wat deur die regering erken word, kry nou R10,6 miljoen. Daar is ook nog talle ander hoofmanne en vroue wat as junior tradisionale leiers, ook salarisse trek. ‘n Koning of koningin verdien meer as een komma drie miljoen rand per jaar.   

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×