Agt mense het op ‘n plaas naby Steynsrus in die Vrystaat verdrink

Agt mense het op ‘n plaas naby Steynsrus in die Vrystaat verdrink toe die motor waarin hulle was op ‘n brug deur vloedwater meegesleur is.

Volgens polisie sluit die slagoffers sewe kinders in van tussen vier en dertien jaar oud.

‘n Polisiewoordvoerder sê twee volwassenes kon uit die water kom.

Die bestuurder van die voertuig het ook verdrink toe hy die kinders uit die water probeer red het.

Polisieduikers het sewe liggame uit die spruit gehaal, maar soek nog na dié van ‘n sewejarige seun.

Luister na potgooie hieronder