Die skep van agt nuwe poste in die kantore van die Mangaung-metro kan inwoners hier jaarliks meer as tien miljoen rand uit die sak jaag. Netwerk24 berig voorts die aanstellings, wat nou reeds geadverteer word, sluit onder meer ‘n stafhoof vir die burgemeester, ‘n kantoorhoof vir die hoofsweep en ‘n spesiale adviseur vir die burgemeester in. Doktor Elizabeth Snyman van Deventer van die VF Plus, het gesê aanstellings soos dié van adviseur is onnodig, aangesien die stafhoof in die kantoor van die burgemeester, die burgemeester van raad moet voorsien. Sy het gesê die duplisering van poste veroorsaak dat inwoners van Mangaung oor die volgende vyf-jaar-termyn meer as vyftig-miljoen rand aan ANC-kaders kan bestee, terwyl daar reeds mense in die munisipaliteit se diens is wat die werk kan doen.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×