Die Eunice High School for Girls in Bloemfontein se matriekklas van 2017 blyk kerngesond te wees, met altesaam agt oudleerlinge van dié jaargroep wat gister saam
hul mediese grade aan die Universiteit van die Vrystaat, of UV, verwerf het.

Volksblad berig Petra Acho, Taskeen Jhetam, Tumi Mahlaba, Brittany Piest, Noelle Pretorius, Twané Taljaard, Carlia Venter en Rèse Venter is nou almal trotse dokters uit Kovsie geledere.

Carlia Venter het haar graad cum laude geslaag.

Pretorius het gesê sy streef nou daarna om ‘n goeie dokter te wees.

Haar pa, dokter Joe Pretorius, ‘n Bloemfonteinse kardiotorakschirurg, het haar geïnspireer om ‘n mediese dokter te word.

Dit is nie die eerste keer dat daar talle mediese dokters in een jaar uit Eunice-geledere aan die UV graad vang nie.

In 2021 het 13 oudleerlinge hul mediese grade aan die UV verwerf en in 2012 was daar elf.


error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×