Agt verdagtes is in hegtenis geneem nadat ‘n kitsbank by ‘n vulstasie in Bloemfontein opgeblaas is.

Twee mans is met skietwonde op die toneel gevind toe die polisie daar opgedaag het.

Een van die mans is ‘n lid van ‘n gewapende reaksiemag. Die verdagtes het ook op die polisie losgebrand terwyl hulle van die toneel weggevlug het.

Die slagoffers is geskiet en gewond toe hulle afsonderlik by die toneel aangekom het terwyl die verdagtes die kitsbank beroof het.

Lt kol Thabo Covane, polisiewoordvoerder, het gesê die voorval het vroeg Saterdagoggend in die Oos-Einde nywerheidsgebied plaasgevind.

Die verdagtes, tussen 25 en 40 jaar oud, is in die namibie-woongebied vasgekeer.

Daar is op ‘n Kia-voertuig met ‘n Gautengse nommerplaat, twee ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie beslag gelê.

Die verdagtes sal na verwagting vandag in die Bloemfontein landdroshof verskyn.

Die polisie soek na nog verdagtes.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×