Die departement van arbeid rig ‘n waarskuwing aan werwingsagentskappe wat werksoekers onwettig vir geld vra, voordat daar kwansuis na geskikte plasings vir die
kandidaat gekyk kan word.
Die minister van arbeid en indiensneming, Thulas Nxesi, sê werwingsagentskappe wat ‘n fooi hef, kan strafregtelike klagtes in die gesig staar.
Nxesi doen ‘n beroep op werksoekers om geen geld aan enige agentskap te betaal nie, en om slegs met betroubare werkverskaffingsagentskappe saam te werk.