Akademiese aktiwiteite is vandag weens betogings by die Motheo-kollege (TVET) se Hillside View-kampus in Bloemfontein gestaak. Volgens SABC News is ontevredenheid met die Nasionale Studentehulpfonds (Nfsas) die beweegrede vir die betogings.
’n Verbyganger het glo T-hemde van die African Congress for Transformation onder die betogers uitgedeel, maar dit was nie lank voordat hierdie T-hemde in vlamme opgegaan het nie. Nontsokolo Sani, wat leier van die oproerige studente blyk te wees, sê die kollege is bewus gemaak van daarvan dat sekere studente na bewering uit hulle blyplekke geskop word, en dat hulle ook nie geld het om kos te koop nie.
Die kollege sê hy het vergaderings met die studenteleiers gehou, en dat sowat die helfte van die 400 studente tot dusver hulpfondstoelaes ontvang het.