Die akteur David Soul, wat bekendheid in die sewentiger jare verwerf het vir sy rol as Hutch in die Amerikaanse televisiereeks, Starsky en Hutch, is in die ouderdom van 80-jaar oorlede. Sky News het berig Soul en Paul Michael Glaser, wat Starsky gespeel het, het die rolle van twee polisiespeurders in Suid-Kalifornië gespeel. Die reeks was ook in die beginjare van televisie in Suid-Afrika baie gewild. Soul se dood is deur sy vrou, Helen Snell bekendgemaak. Die oorsaak van sy dood is nie bekendgemaak nie. 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×