Die 41 konstruksiewerkers wat 17 dae lank in ‘n tonnel in Indië vasgekeer was, is teen gistraand bevry.

Die mans is een vir een deur ‘n staalpyp, met ‘n deursneë van 90 sentimeter, uit die tonnel na veiligheid gebring.

Dit het reddingswerkers ongeveer ‘n uur geneem om almal na buite te bring. Die tonnel in die Himalayas, wat onder konstruksie was, het op 12 November ingekalwe en die werkers is in ‘n gedeelte van die tonnel vasgekluister.

Hulle is van suurstof en kos voorsien, en nooddienste kon deurgaans met die die mans kommunikeer. Hulle is almal ongedeerd en hul gesondheidstoestand word as baie goed bestempel.

Volgens Reuters is daar deur nagenoeg 60 meter rots en puin geboor om die reddingspyp te installeer. Die oorsaak van die ineenstorting is nog nie deur Indiese owerhede bekend gemaak nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×