Al 43 Suid-Afrikaners, wat moes vlug ná verlede week se aanvalle in Palma is veilig

Suid-Afrika se Hoë Kommissariaat in Mosambiek het bevestig dat al 43 Suid-Afrikaners, wat moes vlug ná verlede week se aanvalle in Palma in die Cabo Delgado-provinsie, veilig is.

Onder hulle is twee mans wat ná ‘n hinderlaag gevlug en in bosse gaan skuil het.

‘n Familielid van die man, Adrian Nel, is egter in die hinderlaag doodgeskiet.

Na wat verneem word is ‘n aantal van dié Suid-Afrikaners reeds terug in Suid-Afrika, terwyl ander na plekke van veiligheid in Mosambiek geneem is.

Die kommissariaat in Maputo sê hulle sal egter voortgaan met ‘n soek- en opsporingsoperasie, om te verseker dat alle Suid-Afrikaners gevind is.

Luister na potgooie hieronder