Die liggame van al 67 mense wat oorlede is nadat ʼn American Airlines-vliegtuig in ʼn botsing met ʼn Black Hawk-helikopter beland het, is gevind.

Slegs een persoon moet nog geïdentifiseer word.

Nuusflits berig die vliegongeluk het Woensdag verlede week gebeur toe die helikopter met die vliegtuig gebots het.

Volgens ondersoekers van die NTSB het hulle die naweek verklaar dat die helikopter waarskynlik te hoog gevlieg het, wat moontlik die ongeluk veroorsaak het.

Vluginligting van die vliegtuig se opnemer het gewys die vliegtuig was meer as 320 voet bo die grond, terwyl data van die beheertoring die helikopter op 200 voet gemerk het, maar ondersoekers glo dit het op 300 voet gevlieg.

Die verskil is meer as 120 voet tussen wat die beheertoring en vluginstrumente die ongeluk gemeet het.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×