Al die omroepers by die bekende radiostasie RSG sowel as 12 ander personeellede het afleggingsbriewe ontvang

Al die omroepers by die bekende radiostasie RSG sowel as 12 ander personeellede het afleggingsbriewe ontvang.
Netwerk24 berig dit sluit bekende omroepers soos Martelize Brink, Johan Rademan, Haidee Muller en Fritz Klaase in.
Die SAUK het vandeesweek aangekondig dat hy nie minder nie as 400 van sy 3000 personeellede gaan afdank om personeelkostes te verminder.
Die openbare uitsaaier het verlede jaar ‘n reddingsboei van R3.2 miljard van die regering ontvang op voorwaarde dat daar koste-besnoeiings gedoen moet word.
Volgens RSG se stasie-bestuurder, Magdaleen Kruger, is geen van die personeellede in die hele proses geken om mee gekonsulteer nie.

Luister na potgooie hieronder