OceanGate, die maatskappy wat die Titan-duikboot bedryf, het gisteraand bevestig al vyf passasiers wat aan boord was, is dood.

CNN berig die wrakstukke wat ten tyde van die dae lange soek-en-reddingspoging gevind is, dui daarop dat ‘n reuse inploffing die Titan-onderwatertuig aan flarde geruk het.

Die spesiale tuig het Sondag satelliet-kontak met die buitewêreld verloor, minder as twee uur nadat dit op ‘n onderwater-ekskursie na die Titanic-skeepswrak in die Noord-Atlantiese Oseaan geduik het.

‘n Gesofistikeerde onderwater-robot het wrakstukke naby die wrak van die Titanic opgespoor.

Die oorledenes is die Britse miljardêr Hamish Harding en Pakistani-Britse burgers Shahzada Dawood en sy seun Suleman.

OceanGate se Stockton Rush en ʼn Franse duikbootoperateur, Paul Henri-Nargeolet, was ook aan boord.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×