Die Amerikaanse wapenhanteerder wat ‘n rekwisiet-vuurwapen aan die akteur Alec Baldwin oorhandig het waarmee die kinematograaf, Halyna Hutchins doodgeskiet is, is skuldig bevind aan onwillekeurige manslag.
Hutchins is in 2021 deur Baldwin doodgeskiet terwyl hulle besig was om die rolprent Rust te verfilm.
Die aanklaers het aangevoer dat die wapenhanteerder, Hanna Gutierrez-Reed versuim het om te verseker dat die rekwisiet-vuurwapen fopkoeëls bevat het, en nie regte ammunisie nie. Sy kan nou tot 18 maande gevangenisstraf opgelê word.