Algehele slaagsyfer vir die 2020 matriekeindeksamen; 76,2%

 Algehele slaagsyfer vir die 2020 matriekeindeksamen; 76,2%

Die Minister van Basiese Onderwys, Angie Motsheka, het aangekondig dat die algehele slaagsyfer vir die 2020 matriekeindeksamen 76,2% is.

Die slaag syfer is egter 5,1% laer as die vorige jaar.

Die Vrystaat het die hoogste slaagsyfer aangeteken met 85%, gevolg deur Gauteng met 83%.

Die Wes-Kaap se slaagsyfer is 79,9% en in KwaZulu-Natal het 77% van die provinsie se matrikulante geslaag.

Intussen sê die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie gegewe die realiteite van 2020, is die matriekslaagsyfer ‘n uitsonderlike prestasie.

Chris Kloppers, die bestuurshoof van die SAOU, sê hoewel die leerlinge gelukwense verdien, is dit veral die onderwysers vir wie standbeelde opgerig moet word.

Kloppers sê die onderwysers het ‘n ongelooflike poging aangewend om leerlinge vir die eksamen voor te berei.

LeandreAdmin@