ALGEMENE SPORT – Die Hoërskool Voortrekker in Bethlehem is vanjaar as die Wesgrow Sentrale Sportreeks se algehele wenner aangewys nadat hy teen onder meer teen Sentraal , Fichartpark en Jim Fouche van Bloemfontein , Diamantveld van Kimberely sowel as Goudveld en Trio van onderskeidelik Welkom en Kroonstad meegeding het.
Voortrekker het die afdelings vir meisieshokkie en rugby gewen , JF vir seunshokkie en algehele hokkie en Sentraal vir netbal.
’n Totaal van 245 spanne met meer as 4000 spelers het in 38 ligas meegeding.
Die Wesgrow-reeks wat in 2018 begin is spog ook met ’n nuwe medeborg vanaf 2024 waar die Universiteit van die Vrystaat ook sy gewig nou by hierdiè skole-reeks gaan ingooi.