All Black losskakel Richie Mo’unga het 25 000 Nieu-Seelandse Dollar vir die stigting CCF ingesamel

Die All Black losskakel Richie Mo’unga het die afgelope naweek 25 000 Nieu-Seelandse Dollar van sy renperd Mo’unga se prysgeld vir die stigting KINDERS MET KANKER (oftewel CCF) ingesamel.

Diè sterspeler van die Silwer Varings besit ‘n 10% aandeel in die renperd wat na hom genoem is.

Richie het grootgeword rondom kinders en dat dit vir hom swaar is om te sien wat hulle elke dag moet deurmaak en gesê dat dit vir hom ‘n goeie geleentheid is om ‘n band met die kinders te bou en soveel as moontlik vir hulle te kan doen.

Die All Black Nommer 10 het bygevoeg dat dit vreemd is dat ‘n perd na ‘n persoon vernoem word maar erken dat dit ‘n wonderlike ervaring is en hom iets anders bied om oor naweke te doen.

Luister na potgooie hieronder