Allan Alaalatoa en Andrew Ready is albei vir drie weke geskors

Allan Alaalatoa, die kaptein van die Brumbies en Andrew Ready, haker van die Western Force, is albei vir drie weke geskors nadat hulle die afgelope naweek in Australiese Superrugby-wedstryde rooikaarte ontvang het.

Netwerk24 berig daar is reeds ses rooikaarte in die eerste ses wedstryde van dié reeks uitgedeel.

In ‘n verklaring van Sanzaar was die aanvanklike skorsing 6 weke, maar 3 weke is opgeskors nadat die spelers skuld erken het.

Alaalatoa het ‘n rooikaart gekry nadat hy kontak met Rebels-speler Pone Fa’amausili se kop gemaak het in ‘n duikslag, terwyl Ready ‘n rooikaart ontvang het nadat hy vir Hugh Sinclair met die vuis geslaan het.

Luister na potgooie hieronder