Alle aanduidings is dat ñ brandstof-nagmerrie op Suid-Afrikaanse motoriste wag in die eerste week van April

Alle aanduidings is dat ñ brandstof-nagmerrie op Suid-Afrikaanse motoriste wag in die eerste week van April.

’n Missiel- en hommeltuigaanval Sondag in Saoedi-Arabië by Ras Tanura, die grootste olieuitvoerpunt in die wêreld, beteken ñ prysverhoging van minstens R1 per liter is op die kaarte.

Nog voor dié voorval was daar voor die naweek reeds ’n groot onderverhaling van 88c per liter op petrol en 74c per liter op diesel in die Suid-Afrikaanse mark.

Daar is ook die styging van altesame 27c per liter in brandstofheffings wat Tito Mboweni, minister van finansies, in sy begrotingsrede aangekondig het.

As die jongste skerp styging in oliepryse deurwerk na internasionale produkpryse en die belastingverhogings daarby getel word, kan April ’n skok van ver meer as R1 per liter op brandstofpryse vir verbruikers beteken.

Die volgende prysaanpassing sal op 7 April in werking tree.

Luister na potgooie hieronder