Alle hoop word geplaas op vlak 2-inperking

Volgens ‘n verklaring van die presidensie sal President Cyril Ramaphosa in die volgende paar dae met politieke partye en geloofsleiers vergader, voordat hy die nasie oor die pad vorentoe toespreek.

Dit volg nadat amptenare op topvlak-vergaderings van die nasionale koronavirus-bevelsraad en die presidensiële koördineringsraad planne bespreek het.

Mediese kenners is van mening dat die tyd ryp is vir afskaling na Vlak 2, aangesien nuwe koronavirus-infeksies die afgelope tyd nasionaal afneem.

Dr. Cloete van Vuuren, spesialis in oordraagbare siektes, meen die regering sal die inperking moet verslap.

Mense het al so moeg geraak vir die huidige vlak 3- maatreëls, dat baie hulle nie meer daaraan steur nie.

Luister na potgooie hieronder