Alle laerskole asook skole vir leerders met spesiale behoeftes sal op 26 Julie vanjaar terugkeer na die gewone skoolrooster

Alle laerskole asook skole vir leerders met spesiale behoeftes sal op 26 Julie vanjaar terugkeer na die gewone skoolrooster waar voorsiening gemaak word vir daaglikse bywoning. Die departement van Basiese Onderwys sê die verbod op skolesport bly nog van krag wanneer laerskoolleerders op 26 Julie terugkeer klas toe. Daar is op dié datum besluit in die hoop dat die verwagte derde vlaag van die virus, teen dié tyd verby sal wees. Die minister van Basiese Onderwys, Angie Motshekga, het die opening van laerskole gister in die staatskoerant afgekondig. Die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse skole, FEDSAS, en die Suid-Afrikaanse onderwysersunie, die SAOU,  is albei ten gunste van die voorgestelde datum.

Luister na potgooie hieronder