Alle munisipale amptenare gaan binnekort verbied word om enige ampsdraende pos in ‘n politieke pary te beklee terwyl hulle ook vir ‘n munisipaliteit werk. LP’s in die Nasionale vergadering het Dinsdagmiddag die Wysigingswetsontwerp op die Plaaslike Regering vir Munisipale Stelsels aanvaar, nadat die Nasionale Raad van Provinsies dit vroeër effens gewysig het. President Cyril Ramaphosa moet dit nou amptelik as wet bekragtig. Verskeie opposisie LP’s meen dié wetsontwerp kan die ANC se beleid van kaderontplooiing in sy spore stuit. Fikile Xasa, voorsitter van die portefeuljekomitee oor samewerkende regering en tradisionele sake, wat die wetsontwerp vir goedkeuring voorgelê het, sê dit sal verreikende hervorming in munisipaliteite instel.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×