Dertig jaar van Demokrasie, Samewerking en Groei. Dít is die tema vir môre se inhuldiging van Cyril Ramaphosa, as president van die 7de Administrasie van ‘n demokratiese Suid-Afrika. Ramaphosa sal ‘n eed, of bevestiging aflê, voordat hy by die Uniegebou-amfiteater in Pretoria, deur hoofregter Raymond Zondo ingesweer word.
Hierna sal Ramaphosa aan die beurt gestel word, om sy inhuldigingstoespraak te lewer. Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag sal die president met ‘n saluut van 21 geweerskote, en verbyvlugte verwelkom. Die amptelike verrigtinge begin om elfuur.
Intussen word die verkose president wyd gekritiseer, omdat hy nog nie aangedui het wie die ministers is, wat in die nuwe kabinet sal dien nie. Daar word verwag, dat Ramaphosa die aankondiging môre sal maak, nadat hy ingehuldig is. Alle oë sal op hom wees, om te sien hoe hy lede van die regering van nasionale eenheid, sowel as drieparty-alliansievennote, akkommodeer.