Die stafhoof van die Nevatim-lugmagbasis in die suide van Israel, Herzi Halevi, het gesê Israel gaan op Iran se missiel-en hommeltuig aanvalle die afgelope naweek reageer. Reuters berig Halevi het gesê die afvuur van soveel missiele, kruisermissiele en hommeltuie op Israel se gebied kan nie sonder ‘n reaksie wees nie.
Die Netavim-basis is in die aanval beskadig. Intussen het Israel se oorlogskabinet weer gister vergader om te besin oor verdere optrede teen Irak. Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, moet nog ‘n besluit neem aangesien die wêreld op ‘n gereedheidsgrondslag is vir moontlike eskalasie.