Alle rampe kan nie meer verseker word nie

Die Suid-Afrikaanse versekeringsbedryf weet nie meer hoe om dekking te bied vir ‘n wêreld wat deur risiko’s soos onluste, pandemies, nasionale kuberaanvalle en klimaatsverandering oorval word nie.

So sê Quinten Matthew, hoof van gespesialiseerde sake by Santam.

Volgens Santam het die aard van risiko’s heeltemal verander, en kan die bedryf nie meer risiko’s namens kliënte oorneem nie.

Risiko’s moet eerder saam met kliënte bestuur word.

Andrew Coutts, hoof van intermediêre sake by Santam, is van mening dat ‘n spesiale rampfonds deur die regering, in
samewerking met die private sektor gestig moet word, sodat uitbetalings vir risiko’s soos pandemies verskaf kan word.

Luister na potgooie hieronder