Minder padsterftes is die afgelope feesseisoen op Suid-Afrika se paaie aangeteken.
Altesaam 1 451 mense het van 1 Desember tot 11 Januarie op die land se paaie gesterf.
Dit is 13% minder as gedurende die ooreenstemmende tyd van die vorige somervakansietyd toe 1 685 mense dood is.
Groot kommer heers oor die aantal voetgangers wat doodgery is.
Dié kategorie verteenwoordig 41% van die totale sterftes en is 10% meer as in die 2021-2022-seisoen.
Maroela Media berig Fikile Mbalula, minister van vervoer, het gister gesê die meeste van die padsterftes het gedurende die weke van 15 tot 21 Desember en van 22 tot 28 Desember plaasgevind.
‘n Motoris in Gauteng is in hegtenis geneem nadat hy teen ʼn spoed van 238 kilometer per uur op die N1 in Centurion gery het.
Hy is intussen op borgtog van R1000 vrygelaat.