Nagenoeg een miljoen matriekleerlinge begin vandag met hul eindeksamen.

Minstens 723 971 voltydse, 129 000 deeltydse en 53 000 onafhanklike kandidate skryf vanjaar se Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen.

Die eksamen word by 6 337 staatskole en 552 onafhanklike sentrums afgelê.

‘n Totaal van 162 vraestelle moet beantwoord word, alvorens die laaste matriekleerling die pen in Desember neersit.

Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, het Sondag tydens ‘n media-inligtingsessie gesê die gehalteversekeringsliggaam, Umalusi, het alle vraestelle goedgekeur en het die groen lig vir die eksamen gegee.

Rosestad 100.6FM se trustees, bestuur en personeel se allerbeste wense vergesel elke eindeksamen-kandidaat.

Matriekuitslae sal na verwagting op 18 Januarie bekend gemaak word.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×