Minderjariges dood in taverne gekry. Ouers en familie het vanoggend buite die gruwelike toneel by Enyobeni Tavern in Scenery Park in Oos-Londen bymekaargekom om uit te vind of hul kinders onder die dooies is wat in dié taverne gekry is.

Omstandighede rondom die dood van die minderjariges is nog onduidelik. Volgens berigte lê liggame gestrooi oor tafels, stoele en op die vloer, met geen duidelike tekens van beserings nie.

Die lyke word nou na die Westbrook-lykshuis geneem, waar familie gevra is om die lyke te identifiseer.

Joernaliste wat op die toneel was, beskryf die toneel by die taverne in Oos-Londen as “bisar” waar lyke op die grond lê asof hulle “in die middel van ‘n gesprek of op die dansvloer inmekaargesak het”.

FiND iT het ook foto’s van die toneel gesien.

Daar word vermoed die persone is in die taverne vergiftig of in ‘n vertrapping dood. Daar is egter geen sigbare wonde aan die liggame nie.

Die polisie is op die toneel.

Geen verdere inligting is beskikbaar nie.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×