Altesaam 897 nuwe Covid-19-gevalle bevestig

 Altesaam 897 nuwe Covid-19-gevalle bevestig

Altesaam 897 nuwe Covid-19-gevalle is in die afgelope 24 uur landwyd bevestig asook 35 sterftes.

Hiervan was 16 in KwaZulu-Natal, 7 in Gauteng, 6 in die Vrystaat, 2 elk in die Noord- en Oos-Kaap en een elk in Mpumalanga en die Wes-Kaap. Die kumulatiewe dodetal staan nou op 54-duisend-452.

 

Intussen het die regering gesê hy is op hoë-gereedheid vir die Covid-19-variant wat in Indië versprei. Volgens dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het die regering ook die advieskomitee gevra oor hoe om reis te hanteer vanuit lande waar daar ‘n variant van kommer is.

In ‘n verklaring het die minister gesê dat daar geen gevalle van die B.1.617-variant in SA is nie, maar dat genomika-spanne aan die departement gesê het dat hulle toesig verskerp het, nie net om te verseker dat die variant vinnig opgespoor kan word nie, maar ook om te verstaan ​​wat die implikasies van die variant is.

Armando