Die wêreld gerekende menseregteprokureur, Amal Clooney, was deel van ‘n internasionale paneel wat aanbeveel het die Internasionale Geregshof moet aansoek doen om lasbriewe vir die inhegtenisneming van die president van Israel, asook sekere leiers van die Hamas-militantegroep.
Voorts het Clooney getuienis oorweeg, van vermeende oorlogsmisdaad, asook van misdaad teen die mensdom. Onder die leiers wat die hoofaanklaer van die hof, Karim Khan, wil laat arresteer, is die eerste minister van Israel, Benjamin Netanyahu en drie leiers van Hamas. Volgens Clooney glo sy aan die soewereiniteit van die reg en die noodsaak om burgerlike lewens te beskerm. Amal is getroud met die Hollywood-A-lys-akteur, George Clooney.