Amerika gaan die deurgang langs die Rooisee roete beskerm deur ‘n internasionale vlootoperasie. Dit volg na rebelle se toenemende aanvalle op skepe langs die Rooisee-roete uit weerwraak vir die konflik met Hamas. Volgens die BBC het Brittanje, Kanada, Frankryk, Bahrain, Noorwee en Spanje reeds by Amerika se sekuriteit operasie aangesluit. Die Britse oliereus, BP, het nou alle kommersiële verskeping via die Rooisee opgeskort. Dit blyk Maersk, die wêreld se tweede grootste verskepingsmaatskappy, het verlede week sy bedrywighede hier gestaak. Spanning langs dié handelsroete neem toe, terwyl Jemen se Houthi-rebelle skepe met hommeltuie en vuurpyle aanval. Talle skepe sal van die roete om die Kaap gebruik kan maak wat bykans tien dae langer na die Ooste kan duur.
