Amerika en Brittanje het begin om aanvalle vanuit die lug en op see op die Hoethi-rebelle in Jemen uit te voer en word beskou as die mees dramatiese stap in die uitbreiding van die Israel-Hamas-oorlog in die Midde-Ooste. Die militante groep, wat deur Israel ondersteun word, is bekend daarvoor dat hy die afgelope tyd gereeld vragskepe op die handelsroete in die Rooisee uitgevoer het om ‘n skietstilstand in die Gazastrook af te dwing. Reuters berig die stap word bestempel as ‘n dramatiese streek-uitbreiding van die oorlog tussen Hamas en Israel in Gaza. Jemen het Donderdag landwye ontploffings bevestig terwyl pres Joe Biden van Amerika ook gister gewaarsku het dat hy nie sal huiwer om verdere stappe te doen indien dit nodig blyk te wees nie. Die Amerikaanse minister van verdediging, Lloyd Austin, het in ‘n verklaring gesê die aanvalle is gemik op onder meer die Hoethi’s se hommeltuie en ballistiese en skeepsmissiele. Brittanje se ministerie van verdediging het intussen gesê dit lyk asof die Hoethi’s se pogings om handelsvaart in die Rooisee te bedreig, ‘n knou gekry het.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×