Amerika en Brittanje het nog ‘n reeks gesamentlike lugaanvalle uitgevoer op teikens van die Houthi-rebelle in Jemen, in reaksie op aanvalle op vragskepe in die Rooi See.
SABC-nuus berig die Pentagon sê agt teikens is getref, insluitend missiellanseerders en ondergrondse stoorgeriewe. Hewige ontploffings is aangemeld in die Jemeense hoofstad, Sanaa, wat deur die rebelle beheer word.
Dit is die agtste Amerikaanse aanval op Houthi-teikens, en die tweede gesamentlike operasie saam met Brittanje. Die Houthi-rebelle teiken skepe in die Rooi See wat volgens hulle met Israel en sy Westerse bondgenote verbind kan word, in reaksie op Israel se militêre optrede in Gaza.