Amerika herdenk vandag die terreuraanvalle van 11 September, toe drie gekaapte passasiersvliegtuie in die twee toringgeboue van die World Trade Center in New York en die Pentagon-gebou buite Washington D.C vasgevlieg het. Luidens AP sal ‘n seremonie by die tragedie se Gedenkteken en Museum gehou word, waartydens die name van die slagoffers in die aanvalle uitgelees sal word. Ander herdenkingsgeleenthede word ook beplan, onder meer by die Pentagon. Sowat drieduisend mense is op 11 September 2001 in die terreuraanvalle dood, en sesduisend is beseer. Amerika se adjunk-president Kamala Harris, sal na verwagting ‘n gedenkgeleentheid by die Big Apple bywoon.