Amerika se minister van Buitelandse Sake, Antony Blinken sê Hamas se teenvoorstel vir ‘n skietstilstand en gyselaarsooreenkoms in Gaza, skep ruimte vir ‘n ooreenkoms.
Blinken se siening hieroor verskil egter van die standpunt van Israel se Eerste Minister, Benjamin Netanyahu. Netanyahu het gister Hamas se jongste voorstel verwerp en gesê dit is waansinnig.
Blinken het by ‘n nuuskonferensie in Tel Aviv gesê Amerika sal meedoënloos voortgaan met onderhandelings.