Ingevolge wetgewing wat deur die Amerika senaat goedgekeur is, moet die Chinese eienaars van Tiktok die uiters gewilde sosiale-media-app verkoop of die toepassing sal in Amerika verban word.
AFP berig dit is deel van wetgewing wat ook die buitelandse hulppakket van $95 miljard aan Oekraine, Israel en Taiwan goedgekeur het. Pres Joe Biden sal die wetgewing Woensdag onderteken en bekragtig. Die wet gee Biden mag om toepassings as ‘n bedreiging vir nasionale veiligheid te verklaar indien dit deur ‘n land beheer word wat as vyandig beskou word.