Amerika se minister van Finansies, Janet Yellen, het haar tydens die laaste laaste dag van haar besoek aan Suid-Afrika, sterk uitgespreek teen lande wat nié die sanksies implementeer wat teen Rusland ingestel is nadat hy Oekraïne ingeval het nie. Meer as sewe-duisend mense is volgens die VN sover in die oorlog in Oekraïne dood en meer as elf-duisend beseer, terwyl duisende uit die land gevlug het sedert Rusland se inval in die land elf maande gelede. Suid-Afrika verkeer onder druk van Westerse lande wat Oekraïne ondersteun om Rusland te isoleer. Yellen het gesê Amerika voel baie ernstig oor die situasie en sal sonder versuim teen dié lande wat die sanksies ignoreer optree.
