Reisigers wat na Amerika reis hoef van Sondag af nie meer bewys te toon van ‘n negatiewe Covid-19-toets nie. Amerika het besluit om sy Covid-19-reisvereistes te skrap.  Die Withuis het bekendgemaak dat Amerika se Sentrum vir Siektebeheer sê die skrapping van die vereiste is gegrond op wetenskaplike bevindings en inligting.  Die reisbedryf kla geruime tyd reeds dat dié maatreël ondoeltreffend was en slegs ‘n onnodige struikelblok was wat verhoed het dat die bedryf weer op die been kom. Die sentrum sê hy sal egter nie huiwer om weer die maatreëls in te stel indien ‘n nuwe kommerwekkende variant van die virus in die toekoms geïdentifiseer word nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×